Bestanddele:
- 4 snytjies ouerige brood, met korsies, of Croissants, in klein brokkies gebreek
- 3 groot Nulaid eiers
- 4 E suiker
- 5 ml vanieljegeursel of saadjies van ‘n halwe vanieljepeul
- 4 teelepels Isabel’s appelkooskonfyt
- 100 ml First Choice room
- 80 g First Choice botter, gesmelt
Opsioneel:
- bosbessies of pitlose rosyntjies
- versiersuiker vir bestuiwing
- roomys of vla vir bediening
So maak mens:
- Verdeel die broodbrokkies in 4 mooi bakkies of koppies wat mikrogolfbestand is.
- Giet ‘n klein bietjie gesmelte botter bo-oor alles (hou die helfte van die botter).
- Verdeel nou die eier-roommengsel tussen die bakkies deur dit stadig bo-oor die vulsel te giet.
- Skud elkeen liggies. Die vulsel moet net ⅔ van die bakkie of koppie vol wees.
- Plaas al 4 in die mikrogolfoond en mikrogolf op hoog vir 3 tot 4 minute.
BAIE BELANGRIK:
Hou dop, want sodra die mengsel opblaas, net net bo die randjies, moet jy stop en dit uithaal.
Giet nou die laaste gesmelte botter bo-oor die poedings.
Bestuif met versiersuiker en bedien met ‘n skeppie roomys of vla. Klits die room, eiers, suiker, knippie sout en vanielje goed.Stip die brood in die bakkies met appelkooskonfyt en sprinkel die vruggies, indien jy dit gebruik, oor.
Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
E-pos
