Bestanddele
Kors:
- 1 k koekmeel
- 2 E kakaopoeier
- 125 g versiersuiker
- ½ t sout
- 80 g botter
- bakboontjies en waspapier
Vulsel:
- 200 g donkersjokolade
- 80 g botter
- 2 Nulaid eiers, heel, plus 2 eiergele
- 250 ml First Choice room
- 6 E suurlemoenmarmelade
So maak mens
- Maak die deeg vir die kors eerste, want dit moet rus en ook vooraf bak.
- Meng die meel, sout, versiersuiker en kakaopoeier saam.
- Plaas in jou voedselverwerker saam met die botter en pols totdat dit wegkom van die kante en jy dit maklik in ‘n bolletjie aanmekaar kan druk.
- Maak die deeg in ‘n bolletjie toe in kleefplastiek en plaas dit in die yskas vir 15 minute. (Intussen kan jy met die vulsel begin.)
- Verwyder die deeg uit die yskas en druk dit versigtig plat met jou handpalm.
- Druk die deeg met jou vingers oor die bodem en teen die kante van ‘n gesmeerde losboom-tertpan. Dit sal ‘n baie dun laag deeg vorm.
- Prik dit met ‘n vurk oor die hele bodem.
- Plaas ‘n sirkel bakpapier oor die deeg en vul dit met bakboontjies.
- Bak by 180 grade vir 8 minute in ‘n voorverhitte oond.
Vulsel:
- Breek die sjokolade in blokkies in ‘n glasmengbak.
- Plaas die botter bo-op die sjokoladestukke en mikrogolf dit vir 30 sekonde intervalle sodat jy elke keer eers die mengsel kan roer tot dit glad gesmelt is.
- Roer die eiers en eiergele by.
- Deel hierdie resep met iemand ‘n vriend(in).
Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
E-pos
