Seisoen 1: Episode 9
Bestanddele vir die ribbetjie
- 1 x geknakte lam- of skaaprib – goed gesout
- Dun doek soos ‘n moeseliendoek
- tou om vas te maak voor ‘n waaier
Só maak mens met die ribbetjie
- Sout die ribbetjie goed aan beide kante.
- Dit moet wit van die sout wees.
- Draai dit goed toe met ‘n teedoek of moeseliendoek en knip vas met wasgoedpennetjies.
- Laat hang dit aan ‘n stoel voor ‘n waaier waar die kat of die hond dit nie kan kry nie.
- Plaas die rib op ‘n roosterrak in ‘n oondpan en braai bros so by 180 °C vir 30 tot 40 minute.
Só maak mens met die mash
- Bedien saam met ekstra romerige kapokaartappel, wat met First Choice langleweroom en botter gemaak is en waarby 2 groot eetlepels korrelmosterd ingeroer is.
- ‘n Soetsous of kruisementjellie is heerlik hierby
Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
Email
