Bestanddele:
- 4 groterige heel, rou beet, goed geskrop
- 1 groot lemoen, geskil en segmente uitgesny
- 1 knol vinkel, met die toppe aan
- 1 houertjie (200 g) First Choice fetakaas
- 50 ml witwynasyn of balsemiekasyn
- 1 t suiker
- ½ t sout
- 50 ml olyfolie
So maak mens:
- Sny die beet in papierdun skywe. Hou dit in koue water.
- Sny die vinkelknol in net sulke dun skywe en hou dit ook in koue water, maar apart van die beet.
- Meng die asyn, sout en suiker goed sodat alles opgelos is voor jy die olie daarby meng.
- Kap die helfte van die vinkeltoppe (blaartjies) baie fyn. Hou die ander mooi vars deur dit met die steeltjies in ‘n beker koue water te laat staan.
- Rangskik die beetskywe op ‘n groot plat opdienbord en rangskik die vinkelknolskywe bo-oor die beet.Sprinkel die gekapte vinkel bo-oor.
- Sprinkel die gekapte vinkel bo-oor
- Sprinkel die slaaisous oor die slaai.
- Rangskik die lemoensegmente oral oor die slaai.
- Breek die fetakaas in brokkies en versprei oor die slaai.
- Eindig met takkies van die vinkeltoppe hier en daar.
- Deel hierdie resep met iemand waarvan jy hou.
Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
E-pos
