Bestanddele:
- 1 k bruismeel
- 1/2 t sout
- 60 ml (4 E) botter
- 100 ml suiker
- 1 ekstra groot eier
- 1/2 k melk
Sous:
- 2 k kookwater
- 1/2 k suiker
- 2 t fyn kaneel
- 1 t sout
- 3 E botter
- kaneelsuiker vir sprinkel
Metode:
- Meng die bruismeel en sout.
- Vryf met jou vingerpunte die botter in die bruismeel in tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
- Meng die suiker, eier en melk met die krummels. Dit moet ’n sagte deeg vorm.
- Meng die kookwater, suiker, kaneel en sout in ’n oondvaste bak met ’n deksel.
- Plaas die 3 eetlepels botter apart van mekaar in die sous.
- Skep lepels vol van die beslag in die sous.
- Bedek met die deksel en bak vir 20 minute by 180 ºC in ’n voorverhitte oond.
- Wanneer dit gaar is, sprinkel kaneelsuiker oor en bedien met vla.
Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
E-pos
