Bestanddele:
- 24 – 36 mooi Mosambiekgarnale, koppe en doppe aan, rug oopgesny en skoongemaak
- 100 ml olyfolie
- 100 g First Choice botter
- 100 ml suurlemoensap
- 100 ml Jakkalsvlei Sauvignon Blanc
- 2 toontjies knoffel, gekneus en fyn gekap
- 3 E atjar, fyn gekap
- 2 E paprika
- 2 E braaispeserye
- 1 t rissiepoeier of rooipeper
- 1 vars rissie, geskraap en fyn gesny, opsioneel
- vars suurlemoene vir wiggies
- platblaar pietersielie
So maak mens:
- Meng 50 ml van die olyfolie met die suurlemoensap, witwyn, knoffel, atjar, paprika, rissiepoeier en speserye.
- Maak dit goed fyn met jou stokmenger.
- Braai die garnale in ‘n groot braaipan of ‘n Sjinese ‘wok’-pan in klein hoeveelhede in ‘n mengsel van die oorblywende olyfolie en botter tot die garnaalvleis ondeurskynend wit en die doppe pienk is. Moenie oorgaar maak nie.
- Hou eenkant.
- Giet die speserysous in die pan en laat opkook vir 2 minute.
Net voor bediening:
- Verhit die sous en voeg die garnale by.
- Laat deurwarm word en sorg dat al die garnale bedek is met sous.
- Bedien saam met rys of chips, suurlemoenwiggies en hande vol vars gekapte platblaar pietersielie.
- Deel hierdie resep met ‘n vriend(in).
Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
E-pos