Linguine Frikkadelle

RESEP: “Linguine Frikkadelle”

Bestanddele:

Pasta:

  • 400 g koekmeel
  • 4 ekstra groot Nulaid eiers 

Tamatiesous-frikkadelle:

  • 600 g Karan Beef maer maalvleis
  • Roosmaryn-kruiesout en peper
  • 2 blikkies gekapte tamaties
  • 2 E Basiliekruidpesto (maak jou eie: 1 pakkie basiliekruidblare, 1 toontjie knoffel,½ K olyfolie, 2 E gemaalde amandels, 2 E gerasperde Parmesaankaas – meng alles tot ‘n fyn pasta met ‘n stokmenger)
  • 2 E suiker
  • 1 t sout
  • peper
  • ½ k Jakkalsvlei witwyn van jou keuse
  • 2 E olyfolie
  • 100 g vars Peccorinokaas of Parmesaankaas, gerasper
  • Vars basiliekruidblare
  • 12 kersietamaties, gehalveer
Metode:

Die Pasta:

Maak die pasta:

  1. Meng met ‘n voedselverwerker die meel en die eiers op ‘pols’-stelling, tot die meel en eier bymekaarkom en jy ‘n bol deeg daarmee aanmekaar kan druk. 
  2. Knie dit ‘n klein bietjie.
  3. Druk die deeg effens plat met jou hande en begin dit dan deur die pastamasjien rol. Begin by die grootste stelling en rol die deeg 2 maal op elke stelling deur.
  4. Deel die vel in 4 wanneer dit lank begin word. 
  5. Moenie die velle tot by die heel dunste stelling rol nie, sodat jy nie te dun stringetjies sny nie.
  6. Stop dus by die tweede laaste stelling en sny dan die pasta in dun Linguine stringetjies.
  7. Hou ‘n kastrol met sag kokende goed gesoute water gereed en kook die linguine 4 minute totdat dit nog ferm en gaar is. Haal dit onmiddellik uit die kookwater en hou dit in koue water of gebruik dit onmiddellik. Onthou, die pasta gaan na die sous toe en nie andersom nie!

Sous:

  1. Geur die maalvleis met die kruiesout en peper en knie dit goed. Die knie help om die frikkadelletjies aanmekaar te hou sonder enige bindmiddel. 
  2. Maak klein frikkadelletjies met die vleis en rangskik dit in ‘n oondvaste bak wat met ‘n bietjie olyfolie gesmeer is.
  3. Meng die res van die bestanddele alles goed saam met ‘n stokmenger tot ‘n gladde sous.
  4. Giet dit oor die vleis en bak vir 35 minute in ‘n voorverhitte oond by 180 grade Celcius.
  5. Wanneer die sous gereed is, meng die pasta daarmee en verdeel dit tussen 4 pastabakkies en sprinkel met die gerasperde kaas, geskeurde basiliekruidblare en halwe kersietamaties.
  6. Deel hierdie resep dit met iemand van wie jy hou.
Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
E-pos


VOLG ROOITAMATIE OP SOSIALE MEDIA

Ek verafsku gemorspos en deel sporadies resepte en wenke vir jou huis en tafel.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui