Bestanddele:
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- 1 K suurlemoensap
- 1/2 K suiker
- 4 eiergele
- 3 E vlapoeier
- 2 E water
- 1 1/2 K vars room
- Fyngeskaafde suurlemoenskil
Só maak mens (net soos Esmé Euverard en Jan Cronjé):
- Verhit suurlemoensap en suiker in ‘n klein kastrolletjie.
- Klits die 4 eiergele saam.
- Meng vlapoeier en water tot ‘n pasta.
- Sodra al die suiker gesmelt en die mensel net onder kookpunt is, roer die vlapoeier -pasta en die eiergele tesame vinnig met ‘n ballon klitser by die suurlemoensap.
- Verlaag die hitte en roer deurentyd totdat die mengsel ‘n lekker dik vla vorm.
- Berei ‘n mooi tertbak voor met kleefwerende sproei en voer die bodem met grof gebreekte tennisbeskuitjies.
- Skep die suurlemoenvla eweredig bo-oor die beskuitjies.
- Verkoel dit net effens totdat dit kamertemperatuur is.
- Klits die room mooi styf (jy kan dit baie effens versoet as jy wil).
- Skep dit oor die suurlemoenvla-tert.
- Garneer met suurlemoenskil.
- Verkoel tot mooi gestol vir so ‘n uur in die yskas.
- Deel hierdie resep met iemand van wie jy hou…
Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
E-pos