Kyk ROOITAMATIE

Maak nie saak waar in die wêreld jy is nie, jy kan nou ROOITAMATIE op jou TV, tablet, rekenaar óf slimfoon kyk.

 

So maklik soos 1,2,3!

Besoek die Blad

Kliek op die skakel
vir seisoen 1 of 2...

Huur of koop

As jy nie een het nie, registreer jou Vimeo gebruikersnaam.

Kyk en maak!

Kyk Rooitamatie vir 1 maand aanlyn as jy huur, óf vir altyd as jy koop.

Wat MENSE SÊ

Renette, jou maklike manier van kosmaak is lieflik om te kyk! Dankie vir die heerlike bederf.

Riané Vermaak

Ons maak al jou resepte. Dis heerlik en maklik. Ek is mal oor jou gradering en moeitelose kommunikasie. Voel of ek in jou kombuis staan. xxx

Emma Venter

WAT KAN JY VERWAG?

In die twee reekse maak ek ‘n allemintige 78 resepte vir jou.    Drie resepte per episode.

Elke keer ‘n Voorgereg, hoofgereg en nagereg. Ek is nie een vir fieterjasies nie, maar wees gerus – jou mense gaan smul!

Elke resep word ook gegradeer met 1, 2 of 3 tamaties op ‘n moeilikheidsskaal: 1 Vir maklik, 2 vir só-só en 3 vir resepte wat bietjie meer ingewikkeld is.

As jy sukkel, roep uit op sosiale media, as jy nie sukkel nie – brêg ‘n bietjie… Ook op sosiale media.

 

GemmerHoender-lollies

‘n Heerlike happie om jou gaste mee te bederf. Maklik en vinnig! 

Seisoen 1 | Episode 1 – 40min

BROCCOLIsop met sjerrie

‘n  Vinnige sop en boonop baie gesond. As jy nie broccoli kan kry nie, gebruik sampioene! Dis net so lekker.

Seisoen 2 | Episode 2 – 30min

Gegeurde botter

Die meeste van die resepte (of aanpassings daarvan) is te vinde in my boek: Die Rooitamatie Storie – van huiskos tot prentjiekos. 


VOLG ROOITAMATIE OP SOSIALE MEDIA

Ek verafsku gemorspos en deel sporadies resepte en wenke vir jou huis en tafel.