Bestanddele
- 1 heel broccoli of 1 pak broccoli-stukke
- 1 ui, fyn gekap
- First Choice botter
- 1 potjie hoenderaftrekseljellie
- 500 ml kookwater
- 250 ml First Choice room
- 3 E sjerrie
- sout en swartpeper
- Metode
- Breek die broccolistukke klein en was dit goed.
- Braai die ui in die botter net sag en voeg die broccoli daarby. Braai vir ‘n paar minute en voeg die aftrekseljellie by saam met die warm water.
- Laat effens indamp.
- Maak alles goed fyn met ‘n stokmenger sommer so in die kastrol.
- Voeg die room by en laat opkook.
- Geur met die sjerrie en proe vir sout.
- Bedien dit mooi gegarneer met broccolistingeltjies wat klein gesny en gebraai is, saam met broccoli-blommetjies wat liggies in botter gebraai is.
- Deel hierdie resep met iemand van wie jy hou.
Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
Email