RESEP: Maklike gebakte souskluitjies.

Bestanddele:

  • 1 k bruismeel
  • 1/2 t sout
  • 60 ml (4 E) botter
  • 100 ml suiker
  • 1 ekstra groot eier
  • 1/2 k melk

Sous:

  • 2 k kookwater
  • 1/2 k suiker
  • 2 t fyn kaneel
  • 1 t sout
  • 3 E botter
  • kaneelsuiker vir sprinkel

 

Metode:

  1. Meng die bruismeel en sout.
  2. Vryf met jou vingerpunte die botter in die bruismeel in tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
  3. Meng die suiker, eier en melk met die krummels. Dit moet ’n sagte deeg vorm.
  4. Meng die kookwater, suiker, kaneel en sout in ’n oondvaste bak met ’n deksel.
  5. Plaas die 3 eetlepels botter apart van mekaar in die sous.
  6. Skep lepels vol van die beslag in die sous.
  7. Bedek met die deksel en bak vir 20 minute by 180  ºC in ’n voorverhitte oond.
  8. Wanneer dit gaar is, sprinkel kaneelsuiker oor en bedien met vla.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *