RESEP: ROU BEET, LEMOEN, VINKEL & FETASLAAI

Seisoen 1: Episode 9

Bestanddele

  • 4 groterige heel, rou beet, goed geskrop
  • 1 groot lemoen, geskil en segmente uitgesny
  • 1 knol vinkel, met die toppe aan
  • 1 houertjie (200 g) First Choice fetakaas
  • 50 ml witwynasyn of balsemiekasyn
  • 1 t suiker
  • 1 t sout
  • 50 ml olyfolie

Metode

  1. Sny die beet in papierdun skywe. Hou dit in koue water.
  2. Sny die vinkelknol in dun skywe en hou dit ook in koue water, maar apart van die beet.
  3. Meng die asyn, sout en suiker goed sodat alles opgelos is voor jy die olie daarby meng.
  4. Kap die helfte van die vinkeltoppe (blaartjies) baie fyn. Hou die ander mooi vars deur dit met die steeltjies in ‘n beker koue water te laat staan.
  5. Rangskik die beetskywe op ‘n groot plat opdienbord en rangskik die vinkelknolskywe bo-oor die beet.
  6. Sprinkel die gekapte vinkel bo-oor.
  7. Sprinkel die slaaisous oor die slaai.
  8. Rangskik die lemoensegmente oral oor die slaai.
  9. Breek die fetakaas in brokkies en versprei oor
  10. Eindig met takkies van die vinkeltoppe hier en daar.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *